met besigheidsfiliale     

Hoekom u die epos kry         Do not see any images?  Click HERE        Kontak ons insake die produk        Not for you?  Please forward to the colleague responsible

JULIE 2011

English version here

 

U is 'n gewaardeerde Masjienburo klant en ons wedersydse besigheids verbintenis is vir ons belangrik.  Juis om hierdie rede is dit vir my belangrik om vir u van die nodige inligting te voorsien sodat 'n ingeligte besluit geneem kan word wanneer dit gaan oor die aankope rakende u kantoortoerusting en verwante produkte wat deur Masjienburo en sy filiale aangebied word.

Tot ‘n meerdere of mindere mate is Masjienburo tans ‘n verskaffer van sekere toerusting en dienste vir u of u maatskappy.  Ek sal graag wil sien dat ons die totale verskaffer word vir ALLE produkte en dienste aangesien ons oor die diens en infrastruktuur beskik om dit wel te kan doen.  Vir u om dus hierdie besluit te kan neem is dit nodig om te weet wat die produkte en dienste is wat Masjienburo wel aanbied.  Ek vra dus dat jy indien daar nie nou 5 minute beskikbaar is nie, die skrywe te laat later vandag wanneer jy wel, moontlik met ‘n koppie koffie, kan gaan sit en die res verder deurgaan.  Ek is oortuig, dat wanneer hierdie skrywe in totaal deurgelees was u ‘n baie beter insig sal hê oor die onderskeie bedryfsvertakkings en die wye verskeidenheid produkte en dienste wat wel deur die Masjienburo groep van maatskappye aangebied word.

 

AGTERGROND

Masjienburo is in 1977 begin as ‘n firma wat streng kantoormasjiene en rekenaars verkoop en herstel het – want dit was hoe die industrie in Suid Afrika gevorm was.  Ongeveer 12 jaar gelede het die kantoormasjien industrie tot so ‘n mate omvorm en was die geleenthede geskep tot waar dit vandag is waar feitlik enige elektroniese verwante produk deur Masjienburo met sy keuse van handelsvennote verkry kan word.  Masjienburo het die geleentheid geidentifiseer en stelsel matig die opsies infaseer.  Ons skryf hierdie verskeidenheid van produkte hoofsaaklik toe aan 3 redes – (i)die regte keuse van ons verskaffers en die dekades van goeie verbintenis met hulle, (ii)die koms van internet wat dit nou vir die gebruiker moontlik maak om self navorsing te kan doen oor wat hy wil hê en dan moet die handelaars, soos ons, daarin kan voorsien (iii) asook die besef dat feitlik al ons klante OOK deur Masjienburo met ander produkte en dienste bedien kan word aangesien ons verskaffers dit nou as produkreekse aanbied.  Sonder die regte handelsvennote sal so ‘n aanbieding egter nie moontlik kon wees nie.

 

Masjienburo is stelselmatig omvorm om by die verbruiker se behoeftes aan te pas maar ook om ‘n meer gefokusde aanbieding aan die klante te kan voorsien vir hierdie baie wye reeks van produkte en dienste.

 

Ek hou dus aan u die onderskeie bedryfsvertakkings voor en dit wat hieruit aan u gebied kan word –

·        Kantoormasjiene deur Masjienburo

Uit die moedermaatskappy kan u voorsien word van feitlik enige masjien wat u in ‘n besigheid sou kon vind en ek kan nie anders as om die hoof produkreekse te beklemtoon nie

o   Kopieerders, faksmasjiene, multifinksionele eenhede en hoë volume dupliseerders (Riso);

o   Kasregisters vanaf eenhede vir ‘n “mobile” tot by punt-van-verkope (POS) stelsels vir ‘n supermarkte en restaurant – of alles tussen in;

o   Rekenaars, draagbare rekenaars, drukkers, monitors, dataprojektors, netwerke en applikasie sagteware;

o   Kragstabiliseerders;

o   Kameras en video kameras;

o   Transkribeer toerusting wat insluit nota-opnemers tem toerusting vir dikteer en afneem van vergaderings;

o   Papiersnyers, lamineerders, bindmasjiene en prysmerk masjiene;

o   Tydsbestuur stelsels en tydklokke.

 

·        Kantoormeubels vanaf Office Furniture Warehouse

Ons is bevooreg om van uitgesoekte verskaffers gebruik te maak wat die beste pryse kan aanbied en feitlik enige produk aan u kan voorsien op aanvraag.  Indien hulle reeks nie die spesifieke eenheid bevat nie kan dit selfs vir u volgens spesifikasie vervaardig word –

o   Lessenare en hoekeenhede;

o   Konferensie stelsels;

o   Kabinette en liaseer stelsels;

o   Stoele vir enige applikasie;

o   Vertoon kaste en koffie tafels.

 

·        Ekovriendelike en energie besparende produkte deur Ecozone Boland

Die energie krisis in Suid Afrika van sowat 4 jaar gelede het die bewustheid onder Suid Afrikaners maar ook onder ons klante geskep om meer “groen” te leef en te werk.  Hierin kan daar tot ‘n baie groot mate voorsien word.

o   Sonpanele;

o   LED beligting;

o   Sonkrag verwarmings stelsels – hoë- en laedruk eenhede;

o   Lugversorgers;

o   Watersuiwerings- en watervoorsienings toestelle vanaf die losstande toonbank tipe tot ‘n stelsel wat u huishouding / kantoor se water sal filtreer.

 

·        Breeband koordlose internet deur MB-net

Suksesvolle kommunikasie was en sal altyd die kern bly van ‘n suksesvolle besigheid.  Die koms van internet in Suid Afrika was net eenvoudig die infrastruktuur van bestaande vastelyn stelsels jare vooruit.  Die implikasie was dat die diens van vinnige betroubare internet beskikbaar was maar nie in alle gevalle aan die gebruiker beskikbaar gestel kon word nie.  Hierdie tekortkoming was geidentifiseer en ‘n netwerk was opgerig om daarin te kan voorsien.  Hierdie netwerk van ongeveer 3000 kilometer het ons nou in die situasie geplaas om daar waar internet nie deur die vastelyn verskaffers voorsien kon word nie, dit wel koordloos te doen, vir die grootste gedeeltes van die Weskaap.

o   Koordlose breeband internet

o   Voip telefonie op die breeband netwerk teen groot besparings

 

·        Selfone deur MTN HOOGSTRAAT

Masjienburo se verbintenis met selfone is so oud soos die industrie in Suid Afrika.  Junie 2010 was egter die aanvang van ‘n nuwe era vir ons nadat die Hoogstraat agentskap in Worcester bekom is.  Elkeen van ons klante gebruik ‘n selfoon en dit maak net soveel sin om ook meer hierop te fokus en sodoende ons bestaande klante ook van ‘n meer gespesialiseerde diens te kan voorsien.  Daar was ‘n konsultant aangestel wat spesifiek die besigheids klante bedien – kontak gerus vir Debbie.   Dit maak dus nie saak waar u woon nie, Masjienburo se infrastruktuur maak dit moontlik dat ons aan u die diens kan lewer asof ons op u voorstoep is - hetsy met opgradering van bestaande of nuwe lyn.  Skakel dus gerus met enige van die konsultante by 023-3476825. 

Selfoon winkels het ook agv die mark se behoefte so ontwikkel dat draagbare rekenaar pakkette op ‘n kontrak basis met ‘n data-pakket beskikbaar is.  Sodoende is hierdie duur artikel ook nou binne die bekostigbare begroting van studente en die laer inkomste groep.

 

·        Instandhouding, diens, herstel en installering deur Tegniese afdeling

Ons span tegnici kan u van professionele diens, op u perseel voorsien om die grootste probleem, wat soos ‘n hoofpyn vir u mag lyk, op te los sodat u kantoor foutloos kan opereer.

 

·        Ink, linte, poeier, papier en verwante middels vanuit die Toebehore afdeling

Die meeste van u masjiene het “petrol” nodig om te kan funksioneer.  Hierdie “petrol” is beskikbaar van ons toebehore afdeling wat die grootste reeks vir feitlik enige masjien beskikbaar het.

 

·        Huishoudelike goedere

Samsung as voorbeeld, verkoop drukkers, selfone, yskaste, TV’s en tientalle ander produkte.  33 Jaar gelede was daar ‘n handelaar vir elkeen van hierdie produk vertakkings.  Vandag is ons so geposisioneer dat ons, as voorbeeld, die hele Samsung produk aanbieding aan u kan bied.  Daar is ook vele ander soortgelyke verskaffers en indien u op ons verspreidings lys is sal u van tyd-tot-tyd kennis kry van produkte wat geensins kantoortoerusting verwant is nie MAAR met die nodige naverkope diens van ons beskikbaar is.  Agv ons bedingsmag sal u ook vind dat ons pryse vir hierdie produkte met die mees kompeterendste op die mark vergelyk kan word.

Hou dus ons weeklikse kommunikasie dop vir aanbiedinge insake produkte van huishoudelike aard !!

 

·        Nasionale handelsvennoot vir NID

Masjienburo was bevooreg om in 2009 aangewys te word as die  handelsvennoot van die Nasionale Instituut vir Dowes.  Daar is ‘n groot behoefte om hierdie gedeelte van ons gemeenskap ook te bemagtig om met behulp van gespesialiseerde toerusting ten volle te kan deel vorm van die normale sake stroom – ons kan daarin voorsien en adviseer.

 

·        Brother handelaar vir die Boland

Brother as handelsmerk is wel bekend in die korporatiewe en staats kantore.  Hulle het egter onlangs hulself tot die verbruikers mark gewend en Masjienburo as handelaar vir die groter Boland area aangestel.  Kom sien ook hierdie indrukwekkende reeks in ons vertoon lokaal.

 

U het steeds die keuse waar om wat te koop; maar hoekom op  spreekwoordelik 13 plekke aankoop as u alles by een verskaffer kan kry; een oproep hoef te maak, slegs een rekening hoef te betaal en met een maatskappy te hoef onderhandel.

 

Masjienburo wil daardie maatskappy wees wat in al u behoeftes voorsien.  Ek nooi u persoonlik uit om my te kontak.

 

Om af te sluit – Masjienburo was bevooreg om in Wesgro http://www.wesgro.co.za/ se elektroniese weergawe Trade Invest http://www.tradeinvestsa.co.za/  redaksionele spasie te kon bekom oor ons maatskappy en sy diens filiale - http://cms.privatelabel.co.za/pls/cms/iac.page?p_t1=3374&p_t2=0&p_t3=0&p_t4=0&p_content_id=509195&p_dynamic=Y&p_site_id=125

 

 

U mag dalk nie die enigste besluitnemer in u onderneming wees nie; indien wel mag ek vra dat u hierdie kommunikasie sal aanstuur na u vennoot.  Dit mag dalk ook wees dat eienaarskap verander het sonder dat ons in kennis gestel was; indien wel sal u asseblief vir ons die huidige persone met wie ons moet skakel se besonderhede deurgee.

 

Hierdie was ‘n mond vol en u het dalk 2 koppies koffie nodig gehad om dit deur te gaan MAAR ek vertrou dat u nou ‘n ingeligte besluit kan neem.   

 

Vriendelike groete

 

MASJIENBURO BK

Johannes Kleinhans

083 250 7989

www.masjienburo.co.za