Ecozone.jpg

Die alhoe groter wordende krag krisis, die behoefte om krag effektief te bespaar en aan te wend, die soeke na ‘n keuse van alternatiewe bronne en die krisis met skoon huishoudelike water het ons genoodsaak om ondersoek te doen en ‘n fasiliteit vir ons klante daar te stel waar hulle behoeftes hiermee bevredig kan word.

 

Ecozone is ‘n maatskappy wat vir u die volgende bied–

·        Sonkrag waterverwarming

·        Sonkrag ligte

·        Revolusinęre T5 buislig as plaasvervanger vir die huidige T8 tegnologie

·        Verskeie lugversorgings opsies

·         Watersuiwerings apparaat - produkreeks EEN en TWEE(780kb)

 

Kragopwekkers - Die behoefte om steeds van die konvensionele “genarator” gebruik te maak vir kragbystand is steeds vir sekere mark sektore ‘n vereiste en ook hier kan ons vir u ondersteun.

 

Sekuriteits heinings - Bekostigbare revolusionęre sekuriteits heinings opgerig binne die knip van 'n oog.  Hierdie is ook 'n DIY produk en 30 meter kan met gemak binne 4 uur opgesit word.  Die tradionele gesweisde heinings sal 2 tot 3 dae neem.  Geen sweiswerk, boute en moere word gebruik nie.  Geen gekwalifiseerde ambagsman is nodig om hierdie heining op te rig nie.

 

Bespaar krag met water verwarming -  U wil graag krag bespaar en een manier is om u warmwater silinder se tye van verhitting te bestuur.  U doen dit heelmoontlik deur fisies die krag skakelaar aan en af te skakel deur die dag of wanneer u weggaan – MAAR u vergeet ook soms.  GEYSER-WISE is die antwoord.    U het die keuse om die verwarming van die huishoudelike water te bestuur en daarvolgens te programmer vir 7 dae van die week tot en met 4 siklusse per dag.