Masjienburo, 'n gevestigde firma met meer as 30 jaar se kundigheid in kantoortoerusting, kan u van die regte oplossings vir u behoeftes voorsien. Ons span tegnici het die nodige ervaring om vir u die naverkope diens te lewer wat u graag sal verlang van die firma wat u toerusting op die hart dra.  Masjienburo is trots om vir meer as 45 jaar met Olivetti (lees meer oor Olivetti geskiedenis) verbind te wees.   Kyk ook gerus na die volledige Olivetti produkreeks.  By Masjienburo besef ons dat u ‘n wye keuse van diensverskaffers / voorsieners het.  Juis agv hierdie rede is u behoefte ons prioriteit!

Besoek gerus ons vertoonlokaal, stuur 'n epos of skakel ons vir 'n kwotasie. Die span bemarkers sal u graag wil bedien met advies vir u behoeftes in kantoortoerusting.     ONTHOU - ons kan u besigheid toerus met die volledig spektrum van u kantoormasjien behoefte.

OLIVETTI QUOTA CLUB - Masjienburo was bevoorreg om deur Olivetti al by 2 geleenthede aangewys te word as een van die TOP 8 verskaffers in die Sub-Sahara Afrika streek.  Positiewe gesindheid, kwaliteit dienslewering, leiers op ons gebied en waarde vir geld was bydraende faktore tot hierdie toekennings.  Alle eer egter aan ons Hemelse Vader waarsonder dit nie sou moontlik gewees het nie.

MTN WESKAAP HANDELAAR VD MAAND - Masjienburo as leidingewende MTN handelaar in Worcester was aangewys as die handelaar vd maand vir Junie, Julie en Augustus 2007.

GROOT EER VAL MASJIENBURO TE BEURT - Masjienburo was onlangs aangewys deur NCPPDSA en NID as hulle handelsvennoot van voorkeur vir die verskaffing, verspreiding en installering van hulpmiddels vir liggaamlik gestremde persone in Suid Afrika.

OFFICE FURNITURE WAREHOUSE - uit 'n behoefte in die Boland om 'n vertoonlokaal vir 'n volledige reeks kantoormeubels te hê, het Masjienburo die volledigste reeks kantoormeubels te besigtig.  Besoek ons gerus vir die wydste verskeidenheid.

ECOZONE BOLAND - geforseer uit 'n behoefte en die navraag daarna kan ons u van apparaat voorsien daar waar elektrisiteit, skoon filtreerde water en warm water sonder elektrisiteit vir u 'n noodsaaklike behoefte is.

Kontak    *    Admin    *    Personeel    *    Gratis sagteware

           sedert 14 Desember 1996.