Ons Visie en Missie

Visie

·  Masjienburo streef daarna om hom te posisioneer as die Boland se nr 1 verskaffer t.o.v. algemene   kliëntediens sowel as naverkopediens in die voorsiening van kantoortoerusting.

 Missie

·      Masjienburo se personeel verbind hulself om kwaliteit produkte gebasseer op uitstaande persoonlike diens, produkkennis, betroubaarheid en effektiwiteit met die nodige integriteit aan sy kliënte te bied.

·      Hierdie diens vind sy inslag op alle produkte, naverkopediens, konsultasie en kwotasielewering; asook die uitreiking en vereffening van rekeninge en die beoefening en uitvoering van algemene hoflikheid teenoor ons kliënte.

·      Hierdie diens kom tot stand deur middel van 'n positiewe ingesteldheid, voortdurende opleiding en permanente volharding van elke personeellid om die hoogste vlak van kliëntediens en naverkopediens aan die kliënte te bied.

·      Masjienburo onderneem ook om sovêr moontlik sy personeel te bemagtig en staat te stel om sodoende die snelle vooruitgang van I.T. (informasie tegnologie) aan die kliënte te kan oordra.