SOSIALE VERANTWOORDELIKHEID

Die personeel van Masjienburo het besluit om daad by die woord te voeg en as 'n gebaar van dankbaarheid vir die ondersteuning deur die publiek, 'n fisiese bydrae deur middel van projekte tot Worcester se sakegemeenskap, skole en hulpbehoewendes te maak.   Alle fondse wat uit hierdie projekte geïn sal word sal direk vir Masjienburo se sosiale verantwoordelikheids projek gebruik word.

 

CLEM SUNTER : 28 Julie 2006 - Die eerste projek wat dan met hierdie gedagte sal realiseer is 'n sake-ete waartydens Clem Sunter 'n groep sakelui sal toespreek.   Sy boek "Games Foxes Play" saam met Chantell Ilbury sal as grondslag dien vir die gesprek.  Die opbrengs van die projek sal gebruik word om te help om die sakekern meer aantreklik vir kopers te maak waar Masjienburo dan vullisdromme sal laat aanbring daar waar nie beskikbaar is nie.  Sodoende sal gepoog word om die middedorp 'n skoner ondervinding vir almal te maak. 

 

PETER CHEALES : 17 November 2006 - die outeur van die baie bekende boek "I was your customer" sal sorg vir 'n sake-ete gepak met idees vir elke persoon wat in besigheid is met dienslewering aan sy klante.  Hierdie geleentheid word aangebied in samewerking met die nuut gestigte sake-klub van Mountain Mill Sentrum.

 

POTTIE POTGIETER : 19 September 2007 – aangebied in samewerking met ASD om fondse in te samel vir eie behoeftes.  Frank Opperman doen hom voor as die 40 jarige blanke werkslose man en sy ondervindings van die proses en gevolge van werkspek.

 

VERENIGING VIR LIGGAAMLIK GESTREMDES : - 5 Desember 2007  -  'n Bewuswordings veldtog om die publiek se aandag te fokus op die liggaamlik gestremdes maar veral in Worcester was, was van stapel gestuur deur 'n rystoel kompetisie by die Mountain Mall.  Masjienburo het ook 'n span ingeskryf en die projek ondersteun