Tegniese bystand, ondersteuning, diens en herstelwerk
Masjienburo bedien 'n radius van gemiddeld 140 km vanaf Worcester met sy span tegnici.
Voertuie is daagliks in verskeie areas oppad om bystandsdiens aan klante te bied. Indien u enige tegniese bystand benodig, skakel vir Martie Botha by 023-3422505 of stuur 'n epos , wat u in kontak met die naaste tegnikus sal plaas.
Ons diens en herstel nie net kantoormasjiene nie maar kan ook ondersteuning bied met rekenaar netwerke en sagteware applikasies.
Internet toegang, epos vir enkel gebruikers of maatskappye, webblad ontwikkeling asook e-handel bladsye vorm ook deel van ons aanbieding.
Om te verseker dat u oproep tot diens nie verlore raak of vergeet word nie, word u as gewaardeerde klant versoek om direk vir Martie Botha te skakel wat 'n werkskaart sal uitmaak. Sodoende is daar kontrole oor die oproepe. Ons verstaan dat dit dalk soms vir u makliker is om 'n tegnikus direk op sy selfoon te skakel - die nadeel is egter dat hy heelwaarskynlik by 'n klant besig is en u oproep tot diens mag vergeet. Hierdie versoek is bloot om vir u die maksimum diens te gee wat u graag wil ontvang.